Share This Post

Grondslagfase-hulpmiddels!

Grondslagfase-hulpmiddels!

Onnies in die grondslagfase het soveel voorbereiding om te doen vir hulle lesse. Hierdie paar hulpmiddels sal help om sommer baie tyd te bespaar.

Wiskunde Woordsomme (maal en deel, plus en minus)

55 A4-bladsye met verskeie soorte woordsomme – 2 per bladsy [110 somme – 70 nuwes + die Woordprobleme elders]. Druk op weerskante van die bladsy en bind in ‘n hersieningsboekie. Klik hier.

woordsom

Nommer van die dag werkvel

A4-bladsy wat gebruik kan word om probleme met ‘n nommer van die dag op te los. Klik hier.

NvdD-2syfer-PREAlfabetvlaggies

Hang hierdie oulike ‘bunting’ in jou klas op. Dis in verskillende kleure beskikbaar.

original-2389104-1

Veiligheid, reëls, regte en verantwoordelikhede

‘n Interaktiewe Power Point les geskik vir Gr 3 leerders – Lewensvaardigheid – in totaal 27 skyfies. In hierdie reeks word ander Lewensvaardigheid Power Point lesse ook beskikbaar gestel, nl:

Gesondheid en eerste hulp.
Gevoelens.
Dinge wat ons gelukkig maak.
Goeie en swak maniere.
Beskerm ons omgewing.
Insekte.
Kom ons bou ‘n komposhoop.
My troeteldier.
Gesonde eetgewoontes.

Klik hier.Screen Shot 2016-04-26 at 1.33.57 PM

A4 Klanke Matjies

A4-velle vir die hersiening of vaslegging van die 22 Afrikaanse enkelklanke. Gebruik dit as muurkaarte, trek na of vorm die klanke met kleiwurmpies. Beskerm in lêersakkies of lamineer. (Sluit c, q, x, z uit.)
Gebruik in samewerking met die KLANKE / WOORDESKATBOEK.

Klik hier!

Enkelklanke

Hierdie hulpmiddels is alles op Teacha! beskikbaar en is alles deur onnies wat self skoolhou gemaak. Gaan soek gerus vir ander uitstekende hulpmiddels. Hier is honderde ander grondslagfase hulpmiddels.

Like ons op Facebook vir meer Afrikaanse hulpbronne wat jy in jou klaskamer kan gebruik.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.