Share This Post

Ek kan – Gratis opvoedkundige video’s

Ek kan – Gratis opvoedkundige video’s

Wat ‘n fantastiese inisiatief van Magda Ehlers! Hierdie video’s is gratis beskikbaar op YouTube en kan in jou klas gebruik word of deur ouers by die huis. Uitstekend!

Ek kan fokus tot dusver op klanke en die letters van die alfabet, maar het ook ander video’s soos studiemetodes en Wiskunde-video’s wat handel oor deling en ook ander wat kinders leer om te tel.

“Hierdie video raak ‘n paar studie konsepte vir bietjie ouer kinders aan. ‘n Paar studieterme word ingeskerp. Die onderwerp wat behandel word is fotosintese. Kinders leer van assosiasies, kernwoorde en om hulle opgesomde werk gereeld te herhaal.”

“Hierdie is ‘n prettige video oor liggaamspersepsie, latraliteit en dat ons mekaar moet respekteer al verskil ons.”

“Hierdie gratis opvoedkundige video stel die a-klank bekend aan die leerders met ‘n oulike kort storietjie.” Daar is ook ander klanke reeds in die reeks!

Daar is reeds meer as 60 video’s op die Ek kan YouTube-kanaal. EN dis beskikbaar in Engels ook.

MAAR, dit raak beter. Daar is ook nou werkskaarte beskikbaar gestel op Teacha! wat gebaseer is op die video’s. Gaan kyk na Juffrou Magda se winkel hier.

Dankie, Juffrou!

Kyk die YouTube-videos en subscribe

Ek kan – Teacha! winkel

Share This Post