Share This Post

Adverteer met gemak jou onderwysposte op Teacha! Jobs 

Adverteer met gemak jou onderwysposte op Teacha! Jobs

Die werwingsproses kan tydrowend en uitputtend wees. Daar is hope admin: deursoeking van poste; verkenning van kandidate; sifting van CVs; keuring van aansoekers. Die lys blyk eindeloos.

Daar is egter goeie nuus! As jou skool will aanstel, kan dít alles verlig word deur Teacha! Jobs.

Teacha! Jobs is ‘n maklike, gratis-om-te-gebruik, selfdiensplatform vir onderwysposlystings en onderwyserwerwings. Werkgewers het volle beheer oor hul poslystings – van die plasing van vakature en die hersiening en bestuur van aansoeke, tot die opdatering en sluiting van poste wanneer die ideale werknemer gevind word.

As jy nog nie oortuig is dat dit die beste oplossing vir jou werwing is nie, oorweeg hierdie redes waarom jou skool Teacha! Jobs moet gebruik:

Gebruik Teacha! Jobs gratis

Jy hoef nie vir advertensies te betaal of die hulp van eksterne werwingsmaatskappye in te roep nie, wat jou uitgawes dramaties verminder.

Sodra jy geregistreer en ’n werkgewerprofiel opgestel het, sal jy onmiddellik toegang hê tot ’n kostedoeltreffende, vinnige, en gerieflike manier om poste te plaas.

Afhangend van jou behoeftes, kan jy ook gebruik maak van die premie aanbiedings, waar jy talle additionele voordele kan geniet.  

Bestuur aansoeke op een plek

Die keuring, kortlysting, en skakeling met aansoekers is gesentraliseerd, wat beteken jou skool kan sy werwingsproses stroomlyn deur dit alles op een platform te koördineer. Jy kan selfs outomatiese kennisgewings aan aansoekers stuur om hulle op hoogte te hou oor die status van hul aansoeke.

Bereik onderwysers wêreldwyd

Teacha! Jobs bereik duisende onderwysers aanlyn, wat ekstensiewe  blootstelling vir jou vakante poste waarborg – selfs wêreldwyd! Ons vergroot jou talentpoel om net die beste kandidate te vind.

Jy sal ‘n toegewyde blad vir jou vakatures hê. Sodra jou pos geplaas is, ontvang ons geregistreerde aansoekers ‘n kennisgewing. Dit verseker dat jy meer relevante aansoeke ontvang as wat jy andersins sou kry. En, as ‘n bonus, kan jy die posisie vinnig en gerieflik vul, wat jou tyd en energie bespaar.

Maak kontak met onderwysers deur sosiale media

Sosiale media is kragtig. Ons sal help om die sigbaarheid van jou poste aan onderwysers te verhoog deur jou vakatures op ons Facebook-, Twitter-, en LinkedIn-blaaie te deel.

Kry ondersteuning wanneer jy dit nodig het

Teacha! se toegewyde span sal jou regdeur jou skool se werwingsreis ondersteun. As jy enige hulp nodig het, e-pos ons by teacha@snapplify.com en ons help graag.

Teacha! Jobs bied jou die gemoedsrus om ‘n topkandidaat te vind wat as onderwyser by jou skool sal floreer. Gebruik ons ​​platform om jou onderwysvakatures met gemak en gerief te vul.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.