Share This Post

5 Maniere om QR-kodes in die klas te gebruik

5 Maniere om QR-kodes in die klas te gebruik

QR-kodes is nou al ou tegnologie en party onderwysers meen dat die tyd vir QR-kodes al gekom en gegaan het. Maar, daar is baie skole en onnies wat graag met tegnologie in die klaskamer wil eksperimenteer en hierdie is ‘n vinnige en maklike beginpunt wat ook nie baie tyd in die klaskamer sal mors nie, want min kan verkeerd gaan.

Hier is ‘n paar idees om QR-kodes in die klaskamer te implementeer.

1. Maak interaktiewe werkkaarte

Huiswerk kan soveel makliker gemaak word indien daar op die werkkaart ‘n skakel of QR-kode is wat skakel na ‘n video of webtuiste wat die werk aan leerders kan verduidelik. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Paper Video, wat vraestel-boeke vir leerders saamgestel het met ‘n video-oplossing vir elke vraag. Jy kan dit ook doen. Maak ‘n werkkaart van 5 vragies en maak ‘n video’tjie op ‘n app soos Explain Everything waarop jy die oplossings verduidelik.

Ek het ook al groepwerk makliker laat werk deur QR-kodes te gebruik vir “stasies.” Leerders moes in groepe verskillende advertensies ontleed volgens die ABBA-beginsel. Ek het nie nodig gehad om die advertensies ten duurste in kleur te druk nie, en het ook nie nodig gehad om te wag vir leerders om klaar te maak met een advertensie voordat hul kon aanbeweeg na die volgende een nie. Dit het goed werk met graadsewes, maar kan definitief ook met ouer en jonger grade gebruik word.

2. Maak ‘n QR-kode skattejag

Dis nou ‘n lekker idee wat ek by Tiaan Lotter gekry het. Hy het Muskietejag deur AD Keet gevat en die gedig reël-vir-reël in QR-kodes opgebreek en weggesteek in sy klas. Terwyl hy ‘n irriterende muskietklank speel, moet leerders so gou as moontlik al die muskiete (QR-kodes) in die klas vind. Ek kan nou nie lekker onthou nie, maar ek dink dit was elke reël wat vertaal is, dan verstaan leerders die gedig in Engels voordat hy dit reël-vir-reël saam met hulle deurgaan. Kyk op sy blog wat hy aangevang het. Ek het dit ook probeer en dit het fantasties gewerk.

Dit kan natuurlik ook op ander maniere gebruik word, soos bv. QR-kodes wat historiese feite gee en dan neergeskryf moet word op ‘n tydlyn, ens.

3. Maak interaktiewe plakkate vir jou mure

Voeg QR-kodes by jou plakkate of kry interessante ekstra inligting, maak ‘n QR-kode van die skakel en plak dit bo-op die plakkaat. Wanneer leerders verveeld is, kan hulle die QR-kodes skandeer en iets ekstra leer.

4. Maak ‘n QR-kode speletjie

Maak kaartjies, soos ‘n bordspeletjie, waar leerders ‘n kaartjie optel wat ‘n QR-kode bevat en die oplossing moet kry van wat ook al daarop is.

5. Gebruik dit as ‘n uitgangstrokie (exit ticket) of om te stem

Maak ‘n Google-form, en maak ‘n QR-kode van die skakel van die vorm. Vertoon dit aan die einde van die les en leerders kan dan terugvoering gee oor die les. Het hulle dit geniet? Wat het hulle geleer? Het hulle nog hulp nodig? So kan jy ook reflekteer oor jou les en dit beter aanbied volgende keer.

Het jy al QR-kodes in die klaskamer gebruik? Vertel vir ons hier onder in die kommentaarblok!

Wil jy weet hoe om ‘n QR-kode te maak? In hierdie gids is daar 40 idees hoe om dit te gebruik, asook hoe om ‘n QR-kode te maak!

Lees verder:

Wow! Kyk net na hierdie onnies in SA se mooi klasse

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Alles wat fout is met ons skole in een video

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.